Santam Landbou 4x4 Bakkie Policy Cover

Santam Landbou 4x4 Bakkie Policy Cover

~ Santam Landbou Motorafdeling ~
4x4 Dekking vir die Boer se Bakkie

 
'n Noodsaaklike bondgenoot vir die boer, is sy betroubare bakkie.

Deesdae boer baie boere so wyd en in sulke uiterste toestande dat ’n vierwielvastrapbakkie ’n onmisbare bate vir hulle boerdery is.

Wanneer die boer nie sy 4x4 gebruik om die sopnat, modderige spilpuntsirkels of slaggatbesaaide pad dorp toe aan te durf of lek oor die klippe en deur die slote na sy bokke in die bergkamp aan te karwei nie, hou hy dalk daarvan om soms afgeleë plekke te besoek waar gewone voertuie nooit kan loop nie.

Dis lekker om sulke ver plekke, selfs oor ons landsgrense heen, te besoek, maar dit kan nog lekkerder wees as jy verseker kan weet dat jy en jou voertuig weer veilig sal terugkom. Selfs ’n viertrekvoertuig kan tot stilstand knars as sy ingewikkelde elektronika die gees gee of as ’n meganiese probleem kop uitsteek, en die nodige kundigheid en onderdele om sulke foute te herstel, is nie oral waar dié voertuie kan loop beskikbaar nie.

En dit is net hier waar Santam Landbou bankvas langs die boer kom staan met sy Landboupolis se Motorafdeling wat die boer twee opsies bied vir 4x4-dekking: Beperkte 4x4- dekking of Omvattende 4x4-dekking.

Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, sê: “As die voertuig weens meganiese of elektroniese redes buite Suid-Afrika gaan staan, sal ons die redelike repatriasiekoste tot R50 000 betaal, onderworpe aan die betaling van die eerste bedrag van R2 500 in die geval van meganiese of elektroniese breekskade.”

Gerhard sê dat al hoe meer mense Afrika se paaie aanpak en daarom is die polis uitgebrei om dekking vir meer lande in Afrika te bied. Maar omdat alle lande nie toegerus is om meganiese of elektroniese breekskade te herstel nie, moet daar voldoende repatriasiedekking vir die voertuie wees sodat die eienaar ’n steekse voertuig kan terugbring om hier reggemaak te word.

Elke polis kan na smaak en behoefte saamgestel word met uitbreidings soos die vermelde repatriasiekoste, uitbreiding van lande, hoof-, agter- of kolligte, skade aan bande, wenastoerusting, persoonlike dokumente en vir die rêrige rowwe ryers selfs wrakverwydering.

So verseker Santam dat daar nommerpas versekering is vir die boer wat net op sy plaas wil beweeg, maar ook vir die een wat die verste horisonne met sy 4x4 wil aandurf.
 Agri Agricultural Landbou SA Boer 4x4 Bakkie Dekking
 
 
Credit To:  Santam Landbou. (2017, February 28).  Santam Landboupolis - Motorafdeling.  Santam Agriculture.  Santam Newsletter.   Retrieved from: Received via e-mail.

Broker DirectorySmart insurance advice brought to you by professional insurance brokers!

Back to Latest News